Welkom by breede.com
As jy 'n nuwe besoeker is, welkom by breede.com en ons hoop jy sal 'n gereelde besoeker word. Breede.com is die webtuiste van die Worcester Standard (Worcester) en die Breederivier Gazette (Robertson), wat al vir jare die gemeenskap in die Breëriviervallei dien. Die Worcester Standard vier hierdie jaar sy 130 bestaansjaar terwyl die Breederivier Gazette met 13 suksesvolle jare spog nadat Media24 die koerant in 1997 oorgeneem het.
As jy 'n gereelde besoeker is, sal jy vind dat ons die webtuiste 'n "revamp" gegee het. Breede.com is nogsteeds 'n aanlyn leier vir gemeenskapsnuus in die Breëriviervallei, maar met die nuwe webtuistes wil ons jou, as leser, meer waarde bied asook 'n paar ekstra's waarin jy mag belang stel. Die belangrikste om waar te neem is dat ons nie meer vir jou net nuus verskaf nie, maar meer informasie oor die Breëriviervallei en sy mense.
Op hierdie blad sal jy ons kontakbesonderhede vind asook elke week se voorblad, wat jy in PDF formaat kan aflaai. Volg die skakels na die verskillende koerante se webtuistes vir die nuutste nuus asook meer inligting i.v.m. die mense en plekke wat deur daardie spesifieke koerant gedek word. Neem asseblief kennis dat met tyd, die webtuistes sal groei en 'n webtuiste word wat jy altyd eerste sal besoek om inligting te verkry omtrent die pragtige en prentjieagtige Breëriviervallei.
Een van die "fancy" ekstras wat ons jou bied is 'n weeklikse meningspeiling waaraan jy kan deelneem. Neem deel aan gesprekke deur kommentare te los onderaan elke storie en sien wat jou mede-lesers sê. Neem net kennis dat jy verplig is om te registreer op die webtuistes om deel te neem aan dié gesprekke.
Worcester Standard
Die Standard is 'n weeklikse plaaslike koerant en die hoofkoerant van Breedevallei Media. Die koerant spog met 'n lesertal van 40 000 lesers. Die Standard word elke Donderdag gepubliseer in die grooter Breëriviervallei omgewing. Worcester, Rawsonville, De Doorns, Villiersdorp, Robertson, McGregor, Ashton, Bonnievale, Montagu en ook 'n paar publikasies wat Laingsburg bereik, word gedek. Die koerant se kantoor is geleë in Hoogstraat, Worcester.
Die Standard behoort aan Boland Koerante (Edms) Bpk, 'n afdeling van die mediareus, Media24 Bpk
Kliek hier, of op die logo om die nuutste nuus in die week se Standard te lees. Kliek op die bladsy hieronder om 'n PDF weergawe te sien.

Breederivier Gazette
Die Gazette is 'n weeklikse plaaslike koerant en die susterkoerant van die Standard en behoort aan Breedevallei Media. Die koerant spog met 'n lesertal van 20 000 lesers. Die Gazette word elke Dinsdag gepubliseer in Robertson, McGregor, Ashton, Bonnievale en Montagu. Die koerant se kantoor is geleë in Robertson.
Die Gazette behoort aan Boland Koerante (Edms) Bpk, 'n afdeling van die mediareus, Media24 Bpk
Kliek hier of op die logo om die nuutste nuus in die week se Gazette te lees. Kliek op die bladsy hieronder om 'n PDF weergawe te sien.
